BEHUISING VIR BEJAARDES ASOOK VERSORGING BYSTAND BESKIKBAAR  ELDERLY ACCOMMODATION WITH CARING ASSISTANCE AVAILABLE

      ATHALIA KANTOOR: ROSELAAN 87, WILGEHOF, BLOEMFONTEIN

ATHALIA VISIE & MISSIE


Galasiërs 6; Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.


Athalia Uitreik se Visie is vir solank daar ‘n vraagstuk is na behuising vir minder gegoede BEJAARDE & GESTREMDE PERSONE asook persone met finansiële uitdagings om soveel moontlik huise te open as wat nodig is om die nood vir bekostigbare verblyf in ‘n veilige skoon omgewing met voedsame etes aan te spreek. 

PERMANENTE VERBLYF

Om ook permanente goeie gehalte bekostigbare verblyf met versorging bystand te bied aan persone wat versorging benodig ongeag hul finansiële status. 'n Atmosfeer te skep waar bejaardes dit hul huis maak en voel hul is welkom.

OM 'N ANKER TE WEES VIR ALLE INWONERS

Om 'n anker te wees vir die vergete generasie bejaarde en gestremde persone wat meeste afhanklik is van die SASSA toelae vir oorlewing. 

Om vir hul 'n tuiste te gee in hul silwer en goue jare. Vir bejaardes wat weens hul finansiële omstandighede asook veral die wat deur hul kinders, familie en vriende versaak is 'n permanente heenkome te gee waar hul steeds 'n vol lewe kan lei.  Om vir hul 'n tuiste te skep waar hulle gelukkig saam met ander van hulle eie generasie kan woon sonder bekommernis
 

VERANDER LEWENS DEUR OMGEE

Ons streef daagliks daarna om ons visie uit te leef: Raak inwoners se harte aan, verander hul lewens, verwyder self opgestelde grense deur die lewens gehalte te verbeter en vertroue in die versorging te geniet deur hul welkom en belangrik te laat leef.

'n Athalia Huise waar gesonde, gelukkige en goedversorgde bejaardes en gestremde persone 'n vol lewe kan lei volgens hulle fisiese vermoëns.   Die sukses is omrede hul leef met die gevoel van hul behoort, dit is hul huis.  Ons lewer die diens om leiding te gee in langtermyn versorging van ons inwoners, deur die goeie gehalte versorging deur hul altyd welkom te laat voel en met vriendelikheid en deernis behandel word.

ATHALIA VISION & MISSION

Galatians 6:9; Let us not become wary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up.


Our Vision is for as long as there is a need for accommodation vir lesser disadvantage elderly & disable people as well as people with financial challenges, to open more houses as needed to solve the need for affordable accommodation in a safety an clean environment together with wholesome meals.

PERMANENT ACCOMMODATION

To provide permanent good quality affordable accommodation with caring help to people that need caring no matter what their financial states are. To establish a atmosphere where elderly people feel welcome and at home. 

TO BE AN ANCHOR TO ALL RESIDENTS

To be an anchor for the forgotten generation elderly and disable people who depending on SASSA allowances for survival.

To provide them with a home where they can enjoy there silver and golden years. To provide a permanent home for elderly and disable people especially those who are forgotten by there children, family and friends to still enjoy a full life. To let them feel at home and happy between other of there own generation without worries.


TRANSFORMING LIFES THROUGH CARING

Every day, we strive to live out our vision of: Engaging hearts, transforming lives, erasing self-set boundaries and to enhance the quality of life of residents entrusted into our care by making our residents feeling welcome and wanted.

A society where elders are healthy, happy, and well looking after We aspire to a culture where all older people can live fulfilled lives according to their physically ability. This will be achieved in an environment with a sense of belonging, respect, and dignity. We will provide services to be a leader in long-term care, to live & to enhance the quality of life of seniors through innovative and comprehensive care with love and friendliness. 




.  

 



Mail
Call
Map
About