BEJAARDE & GESTREMDE BEHUISING MET VERSORGING BYSTAND         

NPO 198 704     NPC 2013/023023/08      

 NPO 198 704  NPC 2013/023/023/08

Die doel van die Athalia Uitreik  as nie-winsgewende organisasie is om in die huidige ekonomiese klimaat die toenemende vraagstuk na bekostigbare verblyf en versorging vir Christen bejaardes en volwasse gestremde persone aan te spreek en oplossing te bied.

Om nie net verblyf te verskaf nie maar 'n tuiste te skep vir bejaarde en gestremde persone vanuit ons die gemeenskap wat slegs Staatstoelae, soortgelyke pensioen of ‘n klein salaris ontvang waar hul in ‘n veilige omgewing sonder finansiële bekommernis kan tuisgaan & hul goue jare geniet.

Die organisasie beywer hul nie net in die fisiese versorging van die inwoners nie maar ook die geestelike asook die opbou van individue wat deur meule van die lewe gemaal is om weer hul menswaardigheid terug te gee.

GALASIERS 6 VERS 9

Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.

++++++++++++++++++++

Bejaardes en Gestremde Persone is spesiale geskenke van God aan die gemeenskap en verdien om met deernis, liefde en respek behandel te word. 

 

 

 

Like