BEJAARDE & GESTREMDE BEHUISING MET VERSORGING BYSTAND         

NPO 198 704     NPC 2013/023023/08      

CHRISTEN GENOEG OM GOD ROEKELOOS TE VERTROU!

ATHALIA PROJEKTE


VOEDI DAG

Date:16/06/2018
08:00 AM


VOEDI DAG : GESINS PRETDAG EN VOEDSEL INSAMELING

Kom deel in die pret saam met Voedi op die Voedi Dag
Saterdag 16 Junie 2018
Tyd: 8:00 tot 14:00

1. Tussen Skole Kompetisie – Voedi Uitstalling
2. Plaaslike Kunstenaars
3. Sangkompetisie
4. Skoonheidskompetisies
5. Danskompetisie
6. Super Kids Rugby Toernooi
7. Potjiekos Kompetisie
8. Boersport Kompetisie
9. Koekversier Kompetisie – Voedi Voendi 3 x Kategoriê = Junior, Senior & Volwasse
10. Springkastele
11. Verskeie Uitstallers met hul handwerk en produkte
12. Kos en Versnappering Stalletjies
13. Teetuin
14. Inkleur Wedstryd
15. Biertuin
16. Motorfiets – Voedi Run
16. Pledge/Uitdaging

Hiermee daag ons u as persoon of onderneming/agentskap uit om ’n skenking te gee vir die Voedi Voedsel dag van 16 Junie 2018 wat aangebied word deur Radio Rosestad en Bloemnuus as Media Borg wat gaan plaasvind by Tjokkies Skool in Universitas, Bloemfontein.
U besigheid kan direk betrokke wees of dit kan ‘n spanpoging onder u personeel wees.
Ons gaan nie-bederfbare voedsel insamel vir organisasies in Bloemfontein wat betrokke is by armoede verligting.
Indien u ’n kontant donasie gee is dit ook baie welkom. Kontant sal aangewend word om spesifieke kossoorte te koop waarvan min ontvang is.
Die dag sal ook die vorm van ’n pretdag aanneem by die Tjokkies Skool terrein waar verskillende aktiwiteite sal plaasvind en daar gaan o.a. uitstallers wees terwyl ons die tonne nie-bederfbare kos in een van die skou sale bymekaarmaak. U is ook welkom om verkope te doen of te bemarking te doen by ‘n bemarking stalletjie.
Skole word uitgedaag om nie bederfbare-voedsel in te samel en die Vrydag middag 15 Junie 2017 om 3nm by Tjokkies Skool ‘n uitstalling te doen wat soos “Voedi die Voedselmannetjie lyk. Die wenskool stap weg met ‘n Trofee en geborgde pryse. Tjokkies skool het reeds hierdie uitdaging aanvaar en ook Brandwag skool en daag ander skole uit om dieselfde te doen.

Skakel onmiddelik met ons om deel te wees van hierdie wonderlike projek.
E.-pos Voedi.Voedsel@athalia.co.za of Petro van Lingen by 074 411 9524 OF 0515221131

Vriendelike Groete
Ans Coetzee



Back to overview


 

  • TJOKKIES SKOOL - Copy
    TJOKKIES SKOOL - Copy
  • Rosestad Logo 2017 (002)
    Rosestad Logo 2017 (002)
  • Voedi (003) - Copy
    Voedi (003) - Copy
  • BLOEMNUUS LOGO - Copy
    BLOEMNUUS LOGO - Copy
  • ATKV - Copy
    ATKV - Copy
  • voortrekkerwapen_naam
    voortrekkerwapen_naam

KONTAK BESONDERHEDE

SKAKELBORD

051 522 6089

051 5221131

 

Faks: 086 5757 574

Verblyf Navrae:

navrae@athalia.co.za

 Om betrokke te raak:

admin@athalia.co.za


 

 

Kantoorure

Monday
8:0017:00
Tuesday
8:0017:00
Wednesday
8:0017:00
Thursday
8:0017:00
Friday
8:0017:00
Tuistes Besoektye; Oggend 9:00 tot 12:00 : Middag 15:00 tot 16:30 : Aand 19:00 tot 20:00

 

 

Ons Span

Ans Coetzee
Annélize vd Walt
Allie vd Walt