BEJAARDE & GESTREMDE BEHUISING MET VERSORGING BYSTAND         

NPO 198 704     NPC 2013/023023/08      

NPO 198 704  :  NPC 2013/023/023/08 

 

VERBLYF INLIGTING

ATHALIA HUISE

Daar is 3 groepe huise nl. 24 uur volle versorging, 12 uur dagversorging en dan die gewone selfsorg verblyftuistes. Inwoners word in huislike omstandighede gehuisves waar nie klokkies lui nie, maar gasvrye huislike omstandighede geskep word. Hul geniet 3 heerlike etes per dag.

 

SELFSORG VERBLYF HUISE:

In hierdie huise is die inwoners self verantwoordelik vir die was van hul wasgoed, daar is wasgeriewe, ook vir die voorbereiding van hul etes wat inwoners as gesin kook  en eet hul ook as gesin saam en is ook verantwoordelik vir die netheid van die huis en tuin..  Athalia voorsien weekliks vleis, groente, kruideniers en skoonmaakmiddels 

  1. Huis Blydskap – Ellenberger Str 48, Wilgehof     
  2. Huis Geloof - Olienhout Str. 44b, Wilgehof        
  3. Huis Geluk – Thomas Leith Str 28, Wilgehof      
  4. Huis Genade – Thomas Leith Str 26 b, Wilgehof
  5. Huis Harmonie – Fleurstraat 7, Wilgehof           
  6. Huis Liefde – Thomas Leith Str 26 A, Wilgehof   
  7. Huis Voorspoed – Veensingel 24, Universitas     
  8. Huis Vrede, - Stalweg 22b, Wilgehof                
  9. Huis Vriendskap – Dahlia Str44, Wilgehof 

         -

 VOLLE VERSORGING TUISTES:

Daar is DRIE Volle 24 uur Versorging Tuistes wat verblyf verskaf aan bedlêende en gestremde persone. In die volle versorging tuistes is daar huiswekers wat die huise skoonmaak en wasgoed was, die kos word deur die personeel voorberei en daar is ‘n Verpleegkundige tussen huise op diens en gesondheidswerkers wat skofte werk en dus 24 uur versorging bystand bied. Die versorging huise is:

  1. Huis Omgee - Voorslag Str 5 in Fleurdal                     
  2. Huis Dankbaar - van Heerdenweg 1, Willows               
  3. Huis Nederig – Jac van Rhyn str 129, Universitasrif      
  4. Huis Hoop – Roselaan 87  : Hier word inwoners met Altheimer se siekte en Demensia versorg.

 

VERSORGING TUISTES MET DAGSORG BYSTAND

Daar is TWEE 12 uur Dagversorging Tuistes wat verblyf verskaf aan inwoners wat hulp nodig het met persoonlike Higiëne, en word hul wasgoed gewas en hul kamers skoon gemaak. In die versorging tuistes is daar huiswekers wat die huise skoonmaak en wasgoed was, die kos word deur die personeel voorberei en daar is ‘n verpleegkundige tussen die huise op diens en gesondheidswerkers in die dag om inwoners te help. Die versorging huis is nl:

  1. Huis Rustig – Stegman str 24, Universitas         
  2. Huis VreugHuis Vreugde – Roselaan 83, Wilgehof  Wilgehof    

KONTAK BESONDERHEDE

SKAKELBORD

051 522 6089

051 5221131

 

Faks: 086 5757 574

Verblyf Navrae:

navrae@athalia.co.za

 Om betrokke te raak:

admin@athalia.co.za


 

 

Kantoorure

Monday
8:0017:00
Tuesday
8:0017:00
Wednesday
8:0017:00
Thursday
8:0017:00
Friday
8:0017:00
Tuistes Besoektye; Oggend 9:00 tot 12:00 : Middag 15:00 tot 16:30 : Aand 19:00 tot 20:00

 

 

Ons Span

Ans Coetzee
Annélize vd Walt
Allie vd Walt