dien thoai sieuthismartphone.com , dau gia bizgia.net , the gioi smartphone thegioismartphone.org , download game mobile downloadgamemobile.info , smartphone smartphoneviet.vn , tang truong tangtruong.net , khoa hoc cong nghe tindocongnghe.com thong cong thongcong24h.vn , mua ban sim muabansim.net , Smartphone gia re , cong nghe congnghetuonglai.org , cong nghe congnghe360.org , giai tri guongmat.org , su kien sukientrongngay.net , thoi trang hi tech , thong tin thongtin360.net , may tinh bang gia re , perfect body , dien thoai xach tay , gia vang hom nay , kiem dinh kiemdinh3.com , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

Getuienis(se)

Ons gee hier getuienisse deur presies soos die inwoners dit geskryf het, verskoon tik, spel en taalfoute. Die getuienisse kom uit die hart van die inwoners:

MADELEINE OLIVIER – HUIS VREDE:

Enkelmamma met 3 seuntjies wat in Athalia Huis Vrede bly.

Ek wil awesome getuienis met julle deel"....... Die Here voorsien rêrig................. My kinders het volgende week 'n konsert by die skool aan. Ek het 3 maande lank gespaar om die geld vir 'n kaartjie te he. Vanoggend ontdek my kinders so 1 na die ander dat hul skoolskoene ewe skielik of te klein is en die ander sin is eintlik gaar gedra. Maar skoene is aan en ons is skool toe.

Oppad huis toe loop ek opsies en weeg wat is nou die belangrikste . Of om een aand konsert toe te gaan, maar ek bid nie daaroor nie. Ek loop net en opsies oorweeg. So 10uur kom daar 'n boodskap van die skool deur. Hulle soek ouers om een van die 2 aande wat die konsert aan is toesig te hou oor die kinders terwyl hulle wag om op te tree.

Die ouers wat toesig hou kry dan 'n gratis kaartjie vir die ander aan om te gaan kyk............... Ek kry skoon 'n knop in my keel terwyl ek hier tik. Ek besef toe as ek DIT kan doen, kan ek konsert toe gaan EN die geld wat ek gespaar het kan dan tenminste 1 kind se skoolskoene koop!............ Kan julle glo. Nog voor ek gebid het voorsien die Here 'n opsie wat albei probleme help Cover........ Ek dien 'n groot God. Dit is nou waar die teksvers inkom! Psalm 37:4 en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.

Jesus voorsien nog en weer:  My dank aan elke donateur wat bygedra het tot my kinders se skoolskoene en skryfbehoeftes. Dit was 'n seëning ver bo my wildste verwagtinge. Elk het nou 2 pare skoene (vir nou en 1 groter 1) en die skryfbehoeftes van goeie kwaliteit. Baie baie dankie. Ek bid dat God julle sal seën bo verwagting! Madeleine Huis Vrede

WILLIE VAN WYK – HUIS GELUK.

Willie van Wyk was Huisbestuurder by Huis Geluk wat die getuie kort voor sy dood gegee het.

Willie se hart was verhard en laaste op sy prioriteitslys was vergifnis teenoor die wat hom onreg gedoen het op sy lewenspad. Ook was Willie kwaad vir Jesus wat dit toegelaat het dat dit met hom gebeur.

Jesus het in Martin se hart gelê en het hy Willie bedien en die saadjie van Jesus se genade en vergifnis geplant. Krakie in die hardheid reeds daar sonder dat Willie dit besef.

Nou die nag lê Jesus 'n baie spesiale vergifnis boodskap in Willie se midde in die middel van die nag deur middel van 'n Whatsup wat hy ontvang. Daar breek die hardheid in sy hart en Willie bid en vergeef die wat hom verontreg het. Hy kry vergifnis en vrede by Jesus. 'N Wonderlike nuwe wêreld het vir Willie oopgegaan, hy leef weer en kan lag, ook met sy gesondheid hy was by die kantoor om te gaan getuig - sonder sy suurstof! Dankie aan Jesus vir groot, groot genade!!!

YOLANDIE JOUBERT SE GETUIENIS

Huis liefde se wonderlike getuienis wat ons beleef het gister een van tannie Hester en tannie Raai se vriendinne was vir 2 jaar blind gewees toe kry sy genesing daarvoor en het vir n baie lang ruk goed gegaan met haar en nou onlangs het haar oe weer begin verswak en kon nie meer sien nie , Martin het hier aangekom en reguit vir haar gekyk hy het vir haar gebid vir genesing gesalf met olie en met sand waarin hy gespoeg het en dit pasta gemaak het oor haar oë gesmeer en toe hy klaar gebid het vir haar, toe sê sy sy kan sien nadat sy het die sand gaan afvee het. En toe kon sy sien net soos ek en julle kan sien dit was regtig n groot geskenk van God en wat hy ons weereens bewys het van sy liefde en genade en krag wat hy het en vir ons uit gee hy het ons elke een regtig onvoorwaarlik lief dit was regtig WOW gewees om dit te beleef woorde kan dit eintlik nie eers beskryf nie ma wys weereens ons PA is die Koning van die heelal en hy regeer !!!! Ons het so baie om voor dankbaar te wees.

INSPIRASIE

1) 'n Gebed is nie soos 'n "SPAARWIEL" wat 'n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "STUURWIEL" wat jou deur jou lewe lei en jou stuur op die regte pad..

2) Het jy al gedink hoekom het 'n voertuig so groot WINDSKERM en slegs 'n Klein TRUSPIEËLTJIE? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik is as jou TOEKOMS nie. So Kyk vorentoe en beweeg aan.
3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n boek te verbrand, Maar dit neem jare om dit te skryf.
4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit SLEG gaan, moenie bekommer nie want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.
5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is soos DIAMANTE ! Wanneer jy 'n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante het altyd goud nodig om in te set.
6) Soms wanneer 'n mens hoop verloor dink jy dit is die einde, GOD glimlag dan in Sy genade en sê, "Kalmeer, my geliefde, dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!"
7) Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer GOD nie jou probleme oplos nie het HY vertroue in jou bekwaamheid.
8) 'n Blinde vra op 'n dag vir ‘n man, "Is daar iets erger as om jou sig te verloor?" Die man antwoord, "Ja, om jou visie in die lewe te verloor."
9) Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.
10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg.